114 Kendal Road,
Eversdal, Durbanville,
South Africa
Tel. +27 (0)21 975 1744
Fax: + 27 (0)86 570 4836

facebook-like

*We freight & courier Worldwide!*

 

Horn, Tinus

Tinus Horn behaal in 2006 ’n Gevorderde Diploma in die Skone Kunste aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy is ’n kunstenaar wat allerlei kreatiewe uitlaatkleppe ondersoek en hy skryf onder meer televisie-draaiboeke, skilder portrette, teken strippe, doen illustrasies en skryf. Sy werk word verskeie kere uitgestal, onder andere in 1990 onder die titel To hell and back (saam met Alistair Findlay en Derek Bauer) in die Gallery on the Market, en in 1992 onder die titel Promised land saam met Alistair Findlay in die Rembrandt van Rijn Galery. Die kunsuitstalling wat hy en Alastair Findlay in 1997 in die Thompson-galery in Melville in Johannesburg onder die titel Holy shit hou, is omstrede weens die spot met godsdiens daarin. In 2002 hou hy ’n solo-uitstalling (Faces on the shelf) in die Boekehuis in Aucklandpark en in 2006 is die solo-uitstalling Gentle demons, furious angels by die Bamboo Galery. In 2009 stal hy saam met Martinus van Tee onder die titel The wages of love uit. Hy kry in 1999 ’n meriete-toekenning van die Nasionale Kunsteraad en in 2000 word hy onder die top-tien geplaas by die Nasionale uitstalling by Kemptonpark. Hy werk vir meer as agt jaar as rugbyskrywer en sportredakteur by die Vrye Weekblad. Hy was getroud en het kinders en woon in Stanford in die Wes-Kaap.